Sewe Dae by die Silbersteins

Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek

Spring na: navigasie, soek

Uitgegee 1962 deur Human & Rousseau Uitgewers. Opgedra aan Marianna en Alexander Podlashuc. Bekroon met die Hertzogprys in 1964.




Kommentaar oor Sewe Dae by die Silbersteins: (Bron: Stofomslag van Een vir Azazel)

"...'n ryk en veelduidige roman wat ek hier hoegenaamd nie kan uitput nie." - A.P. Grové in Die Vaderland

"In hierdie laaste, onvoorspelbare vyf reëls van die boek bereik dit 'n hoogtepunt in die tegniek van die onthullende ironie." - Elize Botha in Tydskrif vir Geesteswetenskappe

"...dit (is) wesenlik 'n morele boek... een wat soos weinig ander in Afrikaans die ontsettende waarheid van die lewe se goed en kwaad onderstreep en as ironiese tragiek versinnebeeld." - Ernst van Heerden in Die Vaderland

"His theme has austere beauty and inner consistency, his symbolism deeper undertones matched by a firmly disciplined technique." - Jewish Affairs

Ná die bekroning van Sewe Dae by die Silbersteins met die Hertzogprys in 1964 skryf prof. A.P. Grové in Die Vaderland: "Dis een van die heel beste, indien nie die heel beste bekroning nie, wat ooit op die gebied van ons prosa gemaak is."


Kommentaar oor Sewe Dae by die Silbersteins: (Bron: Stofomslag van 18-44)

"Een van de fascinerendste boeken die we de laatste jaren gelezen hebben." - Nieuwe Rotterdamse Courant

"... it explores age-old themes of good and evil and disguise and reality." - Newsweek




Uittreksel: Jock Silberstein aan Henry van Eeden

Onthou jy wat ek gister gesê het? Omtrent die gesigloosheid van die Syn? [...] Dis omdat die enkeling sy dramatiese beeld verloor het. Daar is te veel mense in die wêreld. Daar is 'n wesentlike onverskilligheid oor die lot van die enkeling, daar is slegs 'n deernis vir die groep, die groter eenheid. [...] Daar is nie meer enkele karakters nie; ons is almal bloot geleibuise. [...] Niemand stel werklik belang in die enigheid van die ander se karakter nie.




Sewe Dae by die Silbersteins is in Engels uitgegee as Seven Days at the Silbersteins



Sien ook Die Silberstein Trilogie.

Persoonlike gereedskap