Oor Boeke (Huisgenoot, 1970-06-26)

Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek

Spring na: navigasie, soek

Versorg deur Rosa Nepgen

Die meeste van ons lees romans waarskynlik om presies dieselfde redes as waarom die ou Grieke na hulle teaters gegaan het, nl. om in die deelname aan ander se spanninge ons eie op te los en só daarvan ontslae te raak. Dis net sommige literatore, studente eb ander "lesers-om-die-lees" - soos boekresensente - wat, meermale glad nie tot heil van hulle siele nie, 'n meer as redelike aantal romans om 'n verskeidenheid van uiteenlopende redes móét lees!

Tussen die nuwe Afrikaanse romans is daar net één wat 'n mens werklik met meer as gewone aandag moes lees - as daar ander wás, het hulle my nog nie bereik nie - en dit was natuurlik Etienne Leroux se Isis Isis Isis. Dié boek is vermoedelik die tweede van 'n geprojekteerde trilogie waarin die "knolskrywer" uit Leroux se vorige roman, 1844, weer die hoofkarakter is.

Waar hy in 1844 veral met net vier vroue verhoudings het in sy poging om homself te vind, is daar in Isis Isis Isis nou veel meer moontlikhede. Hy is nl. aan die einde van die eerste van dié romans deur die Russiese vrou se eggenoot en sy trawante aangeval en in "veertien stukke" gekap. As u die boek goed lees of gelees het, sal u ebsef dat dié bloeddorstige handeling eintlik meer geestelik as fisiek plaasgevind het. Dáárom is dit in Isis Isis Isis dat die "knolskrywer" se SIEL in veertien dele oor die oseane van die wêreld verstrooi lê. Anders as in die ou legende waarin Isis na Osiris gaan soek het, is dit in dié roman die geestelike dooie Osiris wat by vroue dwarsdeur die wêreld na sy verspreide liggaamsdele gaan soek.

Na die mank, dowe, "manies-depressiewe Walkürevrou", die "teringmaer tante", "mej. X" en die "Russiese vrou" van 1844 kry die "knolskrywer" nou die kans om 'n soort vernuftige roman-cum-reisboek van die Osiris-Isis-legende te maak. Met dié gegewens is daar dan ook ruim plek vir talryke karakters, situasies en plekveranderings wat boeiende leesstof sou kan wees. Om dié roman in ons eie tyd vas te lê, haal Leroux gedurig ook woorde, uitdrukkings, brokkies kennis en nuus aan, wat niemand daaraan kan laat twyfel dat hy nie "with-it" is nie.

Om so 'n wydlopige verhaal behoorlik te verbind en inmekaar te weef, vereis 'n buitengewone skryftegniek. Dit het Etienne Leroux met verloop van tyd verbluffend goed ontwikkel. Hy ken sy skryf, sou 'n mens maar kan sê! Maar dan wonder jy wat hy soek en waarheen hy wil.

Die menslike veld van Sewe dae by die Silbersteins en Een vir Azazel was soveel groter en kon 'n mens soms ook diep ontroer.

[paragraaf ontbreek - red.]

In Isis Isis Isis is plek en tyd eintlik tot die oneindige beperk. Só begin 'n mens ook daaraan lees, want die veld voor lê oop. Ná die vyfde vrou, Gloria in Exelsis met al die slagspreuke - al meer as halfpad deur die boek - het ek gewonder of sekere menslike handelinge waarheen elkeen van die veertien stories moes beweeg, darem nie uit die aard van die saak die hele menslike bestaan en veral die verhouding van man en vrou te veel beperk en gruwelik onderskat nie! Toe het ek my begin verveel en was ek jammer dat Oxyrhynchid (die krap) nie maar ál veertien stukke sommer in die begin verslind het nie.

Met die verveling saam raak 'n mens ook allengs bewus van ander hindernisse wat jy aanvanklik as deel van 'n besonderse manier aangeneem het. 'n Skrywer wat soveel kennis van uiteenlopende aard asof opsetlik in sy werk openbaar, moet m.i. ook aan sy belangrikste werktuig, die woord, besonderse aandag gee.

Onbeskaafde en onopgevoede mense het nog altyd bestaan. Húlle en hul taalgebruik is deur skrywers van alle tye en in alle tale beskryf en nágeskryf, maar Leroux se manier kom meermale in vergelyking as onpresies en té opsetlik voor.

In ons tyd is die volgende sin nie skokkend nie: "Sy het haar in die lav bevrug met parfuum." Só is dit net nie effektiewer nie - òf meer beskrywend - van dié eenvoudige handeling nie. Die beskrywing van die blonde tiener op bl. 14 sou met die Afrikaanse woorde vir polycolored en pantihose ewe goed gewees het, terwyl "'n dopperige gebrom" 'n stem-klank nie besonder goed weergee nie. Die woord gamine wat Leroux gebruik om die tiende meisie, Pamela op die Spaanse Trappe, te beskrywe, is tog 'n woord wat gewoonlik op veel jonger straatkinders van toepassing is eerder as op 'n meisie van háár soort.

Waarom "maak" mense altyd "liefde" of "gee" hulle mekaar "liefde" in dié boek? Dis regtig geen verryking van ons sêgoed nie.

Alhoewel dit ná drie voorbeelde (afgesien van ander in 1844) duidelik word dat Etienne Leroux pittoresk bedoel wanneer hy pikaresk skrywe, wonder 'n mens mettertyd of diatrabe (bl. 68) wél 'n drukfout is.

Die volgende twee voorbeelde verskyn albei op bl. 87: "... en dan kyk jy op na 'n rotswand wat duisende voete ten hemele styg want daar het die Swartberg haarself oopgekloof en jy kyk reg in die hart van Isis. Dis asof Isis se hart deur dr. Chris Barnard presies in twee gesny is." Onderaan die bladsy staan dit weer: "... en onbekende tantes

[paragraaf ontbreek - red.]

wat 1844 en Isis Isis Isis moontlik afsluit, so uitstekend dat dit alle twyfel gaan opklaar. Daarop moet ons wag.

Persoonlike gereedskap