Na'va

Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek

Spring na: navigasie, soek

Uitgegee 1972 deur Human & Rousseau Uitgewers. Stofomslag ontwerp deur Horst Walter.




Flapteks:

Met hierdie roman sluit Leroux sy reeks af wat begin het met 18-44 en Isis Isis Isis. Hoewel totaal anders, is daar in Na'va talle aansluitingspunte, nie alleen by die voorafgaande twee nie, maar ook by al Leroux se vorige romans. Die basiese gegewe is 'n enorme saamtrek van mense na die begrafnis van Georgie, neef van die knolskrywer wat ook hier aan die woord is. Maar soos by al Leroux se boeke, is dit slegs die fondament waarop 'n indrukwekkende en verwikkelde struktuur gebou word. In hierdie byna fantasmagoriese begrafnisfees maak nuwe karakters hul opwagting wat eweseer deel van Leroux se onvergeetlike skepping sal bly as die voriges: die adjunk-minister, oom George, tante Sofia, die sigeuner; maar talle karakters uit Leroux se vorige boeke verskyn ook op die toneel: Juliana Doepels, Julius Johnson, Jock Silberstein, Demosthenes H. de Goede, brigadier Ornassis E. en verskeie lede van sy D.-diens. Soos al Etienne Leroux se romans, sal ook Na'va 'n besondere plek in die Afrikaanse prosakuns inneem.




Na'va (1972) Na'va (1972)

Persoonlike gereedskap