Magersfontein, o Magersfontein!
Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek
Uitgegee in 1976 deur Human & Rousseau Uitgewers. Opgedra aan Kowie, Gino en Fiona. Stofomslag deur Willem Jordaan.
Flapteks:
Met Magersfontein, O Magersfontein! verbreek Etienne Leroux 'n stilswye van vier jaar. Terselfdertyd is hierdie roman 'n nuwe begin.
Leroux se laaste werk was Na'va, waarmee 'n trilogie afgesluit is. Magersfontein, O Magersfontein! is 'n roman wat in baie opsigte 'n vernuwing bring in die werk van Etienne Leroux. Dit bevat feitelik niks van die mitologiese elemente wat sy vorige romans gekenmerk het nie, en is besonder sterk satiries.
'n Film- en TV-span kom op Magersfontein aan onder leiding van lord Sudden en lord Seldom om 'n film te maak oor die slag van Magersfontein op 11 Desember 1899. By dié geleentheid het die Skotse generaal Andrew Wauchope sy lewe verloor.
Op tipiese wyse slaag Leroux daarin om 'n wye verskeidenheid van uiteenlopende karakters bymekaar te bring en, hoe vergesog die gegewe ook al, alles tot 'n eenheid saam te bind. Hierdie roman is nie alleen uit suiwer fisieke oogpunt sy langste nie, maar hierin voer hy ook veel meer karakters ten tonele as in enige vorige werk. Nie net die twee lords se filmspan en begeleiers kry lewe voor ons oë nie, maar ook die historiese figure wat verbeeld moet word: Wauchope, De la Rey, Methuen, Cronjé.
Magersfontein, O Magersfontein! is 'n ryp en veelduidige roman, maar terselfdertyd een wat die leser end-uit sal boei.
Inleidende teks:
"Net soos in die verlede, sal elke man sy staal bewys," sê die Minister. "Ek het vertroue in my volk." Alle karakters en gebeure is denkbeeldig. Die historiese gegewens is verdaag.
In Nederlands uitgegee as Magersfontein, O Magersfontein!
Die uitgewers se geveg teen die Appèlraad oor Publikasies na die roman ongewens verklaar is, is vasgelê in Magersfontein, O Magersfontein! - Die Dokumente.



