Le Roux se vrou en kinders erf R1,3m

Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek

Spring na: navigasie, soek

Die skrywer Etienne Leroux, wat verlede maand oorlede is, se boedel beloop meer as R1,3 miljoen.

In sy testament, wat gister beskikbaar gestel is, erf sy gewese vrou, die skilderes Reneé le Roux, niks. Sy is die ma van al drie die Le Roux-kinders.

In sy testament bemaak hy alles aan sy tweede vrou, Elizabeth, met wie hy in 1970 getroud is, en aan sy drie kinders.

Mev. Elizabeth le Roux het ook die bewoningsregte van 'n woonhuis op enigeen van die sewe plase wat aan Etienne Leroux behoort het. Sy erf ook die plaas Nooitgedacht in die distrik Koffiefontein, twee erwe op Koffiefontein, die grootste gedeelte van sy boeke, al sy persoonlike besittings en 20 persent van al sy vee.

Sy enigste seun, Stephen, erf die plase Wagenmakers Drift en Schuinskop in die distrik Fauresmith.

Aan sy oudste dogter, mev. Cherie Collins van Kaapstad, bemaak hy die plase Vaalpan en Annex en tien persent van al sy vee.

Sy jongste dogter, dr. Helise Ashton van Kaapstad, erf die plase Uitkyk en Eureka en ook tien persent van sy vee.

Persoonlike gereedskap