Isis Isis Isis

Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek

Spring na: navigasie, soek

Uitgegee 1969 deur Human & Rousseau Uitgewers. Stofomslagontwerp deur Willem Jordaan. Opgedra aan S.




Teks vooraf:

"Ek is die dol hond wat nooit genoeg kan kry nie en ek word oorweldig deur die water waarin my hart verdwyn..."

Alle karakters, in hemelsnaam, is denkbeeldig.




Flapteks: Die Tarot-kaarte

Die Tarot-kaarte is vir die eerste keer in ou Egipte gebruik. In die 14de eeu het hulle in Spanje en daarna dwarsdeur Europa bekend geraak. 'n Ander teorie is dat hulle ontstaan het uit die esoteriese oorlewerings van die Joodse Kabbala. Die Tarot-kaarte sou dan die Boom van die Lewe voorstel.

Die sogenaamde Marseille-pak, waarvan voorbeelde op die stofomslag verskyn, bestaan uit twee stelle: die Major Arcana en die Minor Arcana. Die Major Arcana is die 22 troewe met nommers 1 tot 21. Die 22ste kaart is ongenommer en is Die Dwaas (of Joker). Die Minor Arcana bestaan uit 56 kaarte. In hierdie boek word net na die Major Arcana verwys.

Die kaarte word deur die Magus gebruik (soos voorgestel deur kaart nommer 1) om fortuin te vertel. John Fowles noem hom 'n "mountebank", maar die Knol speel met 'n simboliek wat in die diepste Kollektiewe Onbewuste setel. Elke kaart in die 22 troewe verteenwoordig 'n argetipiese beeld wat soveel vertakkings in die mitologie en mitologiese figure het dat dit slegs 'n wysgeer en 'n ingewyde in die esoteriese geheimenisse van die menslike psige is wat met die kaarte durf speel. Behalwe, natuurlik, Sigeuners en knolskrywers, wat hulle in die rol van goëlaars en sieners waan.

- Etienne Leroux




Uit die flapteks vir Na'va:

"Isis represents a significant further evolution and refinement of Leroux's thought and of his art as a modern novelist. His satire is outrageously funny in parts, but through it all this book is also very serious and alarming in its stark analysis of our whole structure of values, not only in South Africa but all over the western world." - The Star

"Dis 'n boek hierdie in 'n heeltemal ander sleutel as Leroux se voriges; dis ook die enigste werklike reisroman in ons literatuur... en ook in hierdie opsig van skeppende ingryp op 'n taamlik holrug geryde genre... bevestig Leroux sy oorspronklikheid en toonaangewendheid. Die roman is tewens die klinkende bewys dat hierdie skrywer, by alle verwantskap van sy onderskeie werke, oor die merkwaardige feniks-vermoë van voortdurende vernuwing beskik." - P.D. van der Walt in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe




Isis Isis Isis Isis Isis Isis




Image:Isis_tarot01.jpg Image:Isis_tarot02.jpg

Image:Isis_tarot03.jpg Image:Isis_tarot04.jpg

Image:Isis_tarot05.jpg Image:Isis_tarot06.jpg

Image:Isis_tarot07.jpg Image:Isis_tarot08.jpg

Image:Isis_tarot09.jpg Image:Isis_tarot10.jpg

Image:Isis_tarot11.jpg Image:Isis_tarot12.jpg

Persoonlike gereedskap