Hoekom skryf 'n skrywer oor Magersfontein en hoekom Magersfontein, O Magersfontein? (Tydskrif vir Letterkunde, 1980-02-01)

Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek

Spring na: navigasie, soek

Deur Etienne Leroux

[Lesing gehou op 22 September 1979 in die Oppenheimer-saal, Kimberley, gedurende 'n Museumweek waarvan 'n dag aan die slag en die slagveld van Magersfontein gewy is.]

Ek is geen historikus nie, want ek haat as romantikus alle gegewe wat deur navorsers vasgepen is. Ek verkies die legende. Ek dink selfs die geskiedskrywer weet ook dat daar 'n grondstof en 'n bestanddeel is wat hom gedurig ontwyk. Wat het werklik plaasgevind? Wat het hier op Magersfontein gebeur? Danksy navorsing kan by benadering bepaal word die aantal kanonne, die kaliber van die patroondop, die soort gewere, die algemene strategie, en die hoeveelheid mense gedood, gewond, en gevang. Methuen en Cronjé was die voorwerp van heelwat bespiegelings oor verkeerde besluite en nalatighede. Wauchope en De la Rey was op hulle eie manier enigmatiese helde. Die een die liefling van Skotland, die ander een die liefling van Suid-Afrika.

Vlák langs my lê Magersfontein. Dáár het twee wêrelde mekaar agter die loop van 'n geweer gevind. Dit was 'n fin de siècle-situasie. In Magersfontein het die kiem gelê van 'n toekomstige terreur wat gebroei het in die lyke van die edele gesneuweldes op 'n warm Desemberdag in 1899. Dit was die laaste gentleman's war. Die romanse van oorlog het ook gesneuwel. 1979 bewys dat hierdie eeu 'n ongekende verfyning van kollektiewe doodslag bereik het. Die loopgrawe van Magersfontein was 'n kosmiese voorspelling van miljoene wat in loopgrawe in die Eerste Wêreldoorlog sou gesterf het; die bombardement van Magersfonteinkoppie was 'n voorloper van tegnies-presiese bombardemente wat Londen vermink het en Dresden uitgewis het. Die guerilla-oorlog in die latere jare van die Anglo-Boereoorlog is getransformeer tot die ongereelde stryd in Noord-Ierland van die I.R.A., die Baske in Spanje, die Rooi Leër in Italië, El Fatah in die Midde-Ooste, en dwarsdeur die wêreld tot op 'n punt waar mens nie meer die idealistiese toewyding van fanatisme kan onderskei nie. Eintlik was daar niks nuuts op Magersfontein nie; geen afgeronde nuutheid nie. Daar was al vantevore loopgrawe, die woord guerilla is nie Afrikaans nie. Wat Magersfontein kenmerk is die improvisasie van 'n man soos De la Rey, maar hy was nie daar toe die slag plaasgevind het nie. En die dood van Wauchope wat 'n belangrike politieke loopbaan voor hom gehad het.

And that brings me to the point why a writer should write about Magersfontein. A writer looks for the unusual, that kink in the chain of events. And when it has an ironical overtone, so much the better. When I discovered Magersfontein through the eyes of Kowie Marais, my Prog. friend, who teased me with the legend that the Afrikaans writer Totius had something to do with the idea of the trenches, I was completely sold. When he took me on a motoring tour to monuments, ex-graves and defences, I knew that he was teasing me towards a certain awareness of the ironical function of historical events. We are all involved in history. We make history every day either by our deeds of by our ommissions. Apparently the barrel of a gun is the only sure way of mankind to prove a point. One hates to be shot at. It is rather a terrifying experience. It is a bloodletting that corresponds with a spiritual sacrifice; the lamb must be slaughtered. In all beliefs this aspect of universal mugging is part and parcel of our sanctification of death as rebirth. One feels that Magersfontein epitomised the Victorian idea of glorious death on the battlefield as a saving grace.

What happened? The Boers and the Scots re-enacted a tragic play in which logistics went haywire. The balloon was a spectacle but not of much use. It went up at the wrong stage. The Boers saw the Highlanders as ostriches when a section of them confronted a stray party in a certain part of Magersfontein-koppie. The dead Wauchope was shuttled from Magersfontein to Matjiesfontein. Somebody failed to report the presence of red dust that would have betrayed the presence of trenches during the bombardment of the koppie. The Gunners were quite unpredictable. Shrubs delayed Wauchope's order to break ranks. (Even the "bossies" took part in this apocalypse.) The weather was bad, distances an illusion. Fact or fiction? I do not mind because this is the stuff for a novelist. And above all, because one had here the essence of a tragi-comedy. The outcome of the battle of Magersfontein reverberated right through the world. There is forever a place like Magersfontein.

Soos u weet, het ek 'n roman oor Magersfontein geskryf. Ek het dit opgedra aan Kowie Marais, Fiona Barbour, en Gino en Nino Ricora. Kowie-hulle het my voorsien van boeke soos The Story of Scotland van Janet Glover; Highland Folk Ways van I.F. Grant; Who are the Scots! - 'n BBV-TV-uitgawe. Asook 'n Collection of Scottish Gaelic songs uit die argiewe van die Universiteit van Edinburgh, en ook A Collection of Scots Songs van dieselfde bron. Maar die bruikbaarste van almal, 'n brosjure oor spookplekke in Skotland. Kowie se stories het my geprikkel toe hy my die eerste keer Magersfontein gewys het. Ek het toe besluit om 'n roman aan te durf waar die Magersfonteinveldslag die hoofkarakter sou wees. Om daardie rede moes ek dikwels die monument besoek. Elizabeth het naderhand moedeloos geword as ek amper elke tweede Sondag die museum, die uitkyktoring, en die slagveld bekyk. Lateraan het sy ook in die magiese ban van hierdie plek verval. Ons het die gaste-boek in die museum bekyk en die aanmerkings bestudeer. Ná sewentig en méér jare spreek hierdie plek nog steeds tot die mense. Hippies, verligtes, verkramptes. Die plek het niemand neutraal gelaat nie. Iets, iets het gebeur wat 'n nawerking het in die psige van mense wat nog nooit van Magersfontein gehoor het nie. Die treffendste aantekening was onlangs: "The Silence. The silence of Magersfontein."

Op 'n goeie dag hoor ek 'n vrou by die uitkyktoring wat aan 'n groep buitelandse gaste die Magersfontein-stryd met 'n welsprekendheid en 'n sin vir humor beskryf. Later het ek verneem dat dit Fiona Barbour is. Ek het haar onmiddelik in Kimberley besoek, en dikwels daarná. Sy het my 'n boek gegee wat in die begin van die eeu oor Wauchope geskryf is. Sy het my ingelei in alle aspekte van die slagveld van Magersfontein. Ek was verruk deur haar objektiewe benadering en ek het haar dikwels verpes met vrae oor waar Wauchope in sy opmars na sy eie dood presies op hierdie of daardie stadium was. Sonder Fiona sou ek nooit hierdie roman geskryf het nie. Tipies van 'n romanskrywer, het ek haar gegewe misbruik. Op 'n later stadium het die skrywer Graham Greene aangesluit by my soektog na 'n roman oor Magersfontein. Fiona was die sentrale figuur: ons het Magersfontein bekyk, sy het historiese feite vinnig afgehandel, en toe het sy Kimberly vir ons gewys. Kimberley in 'n nuwe lig. Fiona, 'n halwe Skotsman, het die beste van twee wêrelde in haarself ingebou: 'n sin vir ironie met ál sy neweprodukte, sowel as 'n deeglikheid met betrekking tot navorsing wat die ironiese opset 'n sambreel maak vir klug, satire, én die hele spel van die menslike komedie.

And then Fiona introduced me to Gino Nicora. By letter. Elizabeth and I were on our way to Edinburgh and to Niddrie. The address: Portobello High Street. I met an Italian, son of an immigrant after the first world war, a beloved watchmaker of Portobello High Street, who speaks with a distinct Scottish burr. He is an expert on the architecture of Old Houses. As a young boy he used to deliver milk to the House of Niddrie. A few years ago this house of Wauchope was destroyed. Gino explained to me the architectural features of this House. Gino became an expert on the life of Wauchope. He supplied me with everything that was written about Wauchope. I could not use it because I felt that he should write a paper on Wauchope. I could only sense the tragedy of the House of Wauchope. I saw in my mind De la Rey with his dead son at the Battle of Modder River; I saw Wauchope and the last of his line that died recently. Elizabeth and I wanted to visit Niddrie by foot. Gino said: it is dangerous; you will come back feet first. So he showed us Niddrie by car.

When my book was banned because of obscenities etc. Gino, a devout Catholic, was disturbed. It is difficult for an Italian-Scotsman to appreciate the meanderings of our Board of Censors. I was type-cast by Aksie Morele Standaarde. In a certain sense I was also type-cast by Peter Wilhelm who wrote an excellent article on the banning of Magersfontein in an overseas newspaper and then mentioned that I am a member of the Broederbond and that I "farm peacefully - hardly a revolutionary". I am nót a member of the Broederbond; I find farming difficult; I find myself at one with Nadine Gordimer and Jack Cope and André Brink. I cry to heaven in my own way.

Liewe vriende van Magersfontein,

Magersfontein skryf homself. Ek het alle beheer oor Magersfontein verloor. Magersfontein is in 'n sekere sin oudmodies, nuut, opstandig. Daar is geen einde aan Magersfontein nie. Magersfontein is outonoom. Hy skryf sy eie geskiedenis elke dag. Magersfontein is die aarde en die ballon. Vir R2,50 kon u op Saterdag, 22 September, geborg deur Northern Cape Printers, 'n stukkie van die ewigheid ervaar het.

Die simbool van Magersfontein is die vlugtige ballon van geskiedenis en legende. Dit is die dood, in al sy gedaantes, wat met u speel.

Om af te sluit: ek het as kind staaltjies en legendes van die slagveld gehoor. Hoeveel daarvan apokrief is, weet ek nie. Bekende name soos dié van Steyn, De la Rey, Cronjé, Methuen en Wauchope het in die lug gehang. Die gesneuwelde se getalle het om die hawerklap verander. Die stories is deur die oumense aan die kinders oorvertel en daar het 'n waas om Magersfontein gehang. In die nag van Desember kon die doedelsakke jaar na jaar gehoor word. Ry mens by Matjiesfontein verby dan sien jy die graf van Wauchope en nie ver daarvandaan nie, die graf van 'n M.C.C.-krieketspeler wat daar gesterf het. Mens sien by Moderrivier die hotel waar Methuen gebly het, jy sien vanaf die Uitkyktoring die uitgestrekte eensaamheid van die Vlaktes. Jy kan jou skaars voorstel dat daar bloed en lyding was. Uit sulke gegewe moet 'n roman gebore word en toe ek my kom kry, begin die roman homself skryf. Ek het toevallig Muecke se boek oor die ironie gelees en Magersfontein verander toe in 'n roman van die ironie met 'n klappie satire, komedie en klug. En het by die 27 karakters in die boek wat steeds wou hande-uitruk. Uit desperaatheid het ek teen die einde omtrent almal doodgemaak. Toe is die boek klaar, maar dit was nie die einde nie. Magersfontein verrinneweer my nog steeds. U ken die geskiedenis.

En dis ironies dat ek vanmôre, op pad Magersfontein toe, 'n brief van 'n instansie gekry het waarin hulle sê dat ek liefs maar nie die boek moes geskryf het nie.

Hoe dit ook al sy, Magersfontein het nou deel van my geword. Ek het die plek lief, en daarom is ek vanaand hier, alhoewel ek dit haat om toesprake te hou.

Persoonlike gereedskap