Hilaria
Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek
Uitgegee 1958 deur Uitgewery Culemborg. Opgedra aan Renée.
Flapteks:
Hilaria is 'n vervolg op die veelbesproke roman van Etienne Leroux Die Eerste Lewe van Colet. Dié boek is by sy verskyning geroem en verguis, geprys en verag. Maar oor een ding het die kritici saamgestem: dit was 'n gewaagde, maar eerlike, suiwere werk. In hierdie nuwe boek ontmoet ons verskillende van die karakters uit die eerstelingwerk, maar die sfeer van dié boek is anders, die handeling verskillend, die sielkundige benadering dieper en die taal sterker. Ook Hilaria sal 'n veelbesproke boek wees en ons verwag opnuut roem en verguising, veragting en lof. Hoekom? Omdat Leroux reguit praat oor dinge wat in beskaafde kringe alleen op fluistertoon bespreek word. Dit is die boek van 'n eerlike skrywer en dit vervul die beloftes waarvan sy eerste boek so vol was.
Sien ook Die Eerste Siklus.


