Die Suiwerste Hugenoot is Jan Schoeman
Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek
Faksimilee-uitgawe van Leroux se onvoltooide twaalfde roman. 'n Surrealistiese, hipermoderne satire wat juis vanweë die onklaarheid van die manuskrip en danksy die skrywer se uitgebreide aantekeninge fassinerend lig werp op sy werkwyse en benadering. Uitgegee 1990 deur Human & Rousseau Uitgewers.





