Die Silberstein Trilogie

Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek

Spring na: navigasie, soek

Etienne Leroux se Silberstein Trilogie bestaan uit die romans:

Sewe Dae by die Silbersteins (1962)
Bekroon met die Hertzogprys in 1964. Sewe dae ondersoek die temas van goed en kwaad, orde en chaos. J.C. Kannemeyer beskryf die boek as "one of the most tightly constructed of all Afrikaans novels".

Een vir Azazel (1964)
Met 'n vermenging van die objektiewe en subjektiewe vlakke van simbolisme ondersoek Leroux skuld en morele oordeel, en die gemeenskap se behoefte om 'n sondebok te vind. Bekroon met die CNA-prys in 1965.

Die Derde Oog (1966)
Die mite van Hercules, 'n kombinasie van die twee weergawes van Sophocles en Euripides, toepaslik gemaak op die moderne mens se soeke na sy alter ego.

Persoonlike gereedskap