Die Mugu
Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek
Uitgegee 1959 deur die Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij. Opgedra aan die skrywer se ouers.
Flapteks:
"Mugu" is 'n eendstertwoord vir "Square". "Square" beteken "A square peg in a round hole." Die Mugu is 'n uitbouing van wat in die laaste hoofstuk van Hilaria aangedui word, naamlik die stryd tussen die twee opvattings van die Nuwe Lewe - die beplande gemeenskap van Julius Johnson of die terugkeer na 'n aardse uitbundigheid.
"Die mugu is vasgewortel in die wêreld van Julius Johnson en aanvaar die orde. Die orde is mugu."
Die Mugu gaan oor 'n desintegrerende gemeenskap met verskeie mensetipes van buite gesien. Die hoofkarakter is hier die hawelose mens om wie se gees geveg word deur die verskeie magte: die kerk, die orde, die anargis.
"Daarom is die mens mugu."
Die mugu is 'n verwarrende speelbal te midde van 'n transformasie en aftakeling wat besig is om te plaas te vind, verydel in sy strewe om te ontvlug: "Terug kan hy nie gaan nie; stil kan hy nie staan nie." Die probleem is onopgelos omdat ons vandag in die transformasie-proses staan.
"Want mugu sal die mens bly totdat sy simbole ewig is. En sy mite ewig is."
Ek kan nie onthou dat ek al ooit 'n Afrikaanse boek gelees het wat die lewe, die maatskappy en die mens so tot op die been oopvlek nie.
Sien ook Die Eerste Siklus.





