Die Eerste Siklus

Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek

Spring na: navigasie, soek

Etienne Leroux se Eerste Siklus is 'n trilogie bestaande uit drie romans:

Die Eerste Lewe Van Colet (1955)
Die roman trek nie veel aandag in Suid-Afrika nie, en word eers in 1975 in 'n hersiene weergawe uitgegee. Meer as een keer word Colet vergelyk met James Joyce se A Portrait of the artist as a young man.

Hilaria (1958)
Vir die eerste maal gebruik Leroux Jungiaanse psigologiese idees teen 'n mitologiese agtergrond in 'n roman. Die sikliese gang van die natuur vorm 'n belangrike patroon in die werk, en Leroux se gebruik van die bewustheid-stroom tegniek (stream of consciousness) ontlok verdere vergelykings met Joyce.

Die Mugu (1959)
In 'n voortsetting van ooreenkomste met die werke van Joyce kan die wandelinge van Gysbrecht Edelhart gedeeltelik gesien word as parallel aan dié van Stephen Dedalus in Ulysses.

Persoonlike gereedskap