Die Eerste Lewe Van Colet

Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek

Spring na: navigasie, soek

Uitgegee 1955.




Kommentaar deur André P. Brink: [Uit Rapport, 30 Mei 1976]

"My eerste kennismaking met Colet was as student - ek het dit gelees, bevooroordeel deur 'n ouers skrywer wat gesê het: 'Lees dié. Dis kamtig die nuwe lig in ons letterkunde. Maar ek dink dis 'n pretensieuse spul twak.'

"Vir my was dit nie 'n spul pretensieuse twak nie. Maar ek het ongemaklik gevoel oor die boek: té openhartig na my sin? té eerlik in sy anatomiese ontleding van adolessensie, té brandend in sy bevraagtekening van wat vir my as Calvinistiese Potjiesdorper vanselfsprekend was...

"Wat Joyce met A Portrait of the artist as a young man gedoen het, het Leroux hier aangedurf: om die ganse 'eerste' lewe van 'n mens van geboorte tot ongeveer mondigwording, te herskep.

"'n Roman wat mank gaan aan baie en ernstige gebreke. Maar ook 'n opwindende en dinamiese beginpunt van Leroux se oeuvre. En eintlik is dit 'n veel, veel belangriker debuut as wat dit destyds voorgekom het."




Sien ook Die Eerste Siklus.

Persoonlike gereedskap