18-44
Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek
Uitgegee 1967 deur Human & Rousseau Uitgewers. Stofomslag ontwerp deur Willem Jordaan.
Flapteks:
18-44 is Etienne Leroux se sewende roman en openbaar 'n vernuwing, nie alleen wat die verhaalelement betref nie, maar ook ten opsigte van die hele vormgewing. 18-44 staan ver van die wêreld van Welgevonden en Demosthenes de Goede; dis 'n werk in 'n heeltemal ander toonaard. Daar bestaan geen twyfel meer oor die vooraanstaande posisie van Etienne Leroux in die Afrikaanse letterkunde nie en sy nuwe werk sal, soos gewoonlik, 'n gebeurtenis in die literêre wêreld wees.
Kommentaar oor 18-44:
"... 'n uiters subtiele roman wat deur sy ligte speelsheid... plek-plek 'n haas virtuose vaart bereik..." - J.C. Kannemeyer in Die Burger.
"Leroux is... die artistieke historikus van ons tyd." - F.I.J. van Rensburg in Die Volksblad.
"... dit tref weer deur die skrywer se satiriese sienings van gemeenskappe en mense... die ironie, die ontsettende diepte, die interessante vorm en die groot afgerondheid daarvan." - A.J. Coetzee in Die Nataller.
"Dit is 'n virtuoos geskrewe roman, ryk aan intellektuele inhoud." - S.E.v.Z. in Die Suidwester.
"This novel is starker, more searching, more incisive, more mystic, more poetic than anything Leroux has written yes." - Prof. Eben Meiring in The Friend.



