"Lank Lewe Leroux!" (Rapport, 1990-01-07)
Vanuit Digitale Etienne Leroux Projek
Jim Polley, wat die historiese Sestiger-Somerskool in Februarie 1973 aan die Universiteit van Kaapstad gereël het, skryf in sy boek Die Sestigers oor die groot "senuweeagtigheid by Etienne Leroux ('n boer van beroep) dat sy lesing nie die aanvaarde akademiese standaarde sou haal nie. Inteendeel het dit toe 'n hoogtepunt van die reeks geblyk en 'n groot literêre kragtoer!"
Hy haal dan Rapport se beskrywing (18.2.1973) aan van die gehoor se reaksie op Leroux se lesing:
"Hulle juig hom toe. Hulle eer hom. Hulle is lief vir hom. Hy is een van hulle, maar tog anders: hy is hul ouer broer. Een by wie die deernis nie ontbreek nie, al is die drif al getemper... Die dawerende, lang applous wou sê: lank lewe Etienne Leroux - gees van vóór Sestig, Sestig, en ná Sestig."